19 Maart 2022

Dagstuk
Jesaja 43

Hierdie woord vir Israel en vir elke Jood wat leef is ook vir ons!
En net soos die Here belowe het, dat Hy hul selfs deur die vuuroond van ballingskap sou red, en letterlik Daniël se 3 vriende uit die fisiese vuur gered het, so weet ons vandag ook dat die profesie van redding vir ons is!!

Here, dankie dat U ons gevorm het en ons U s'n is!!
Dankie dat U vooraf, voor moeilike tye vir ons sê, U sal ons bystaan daardeur.
U het dit vir Israel gedoen, ons weet U sal elkeen van ons ook so bystaan!
U is die God wat was, wat is en wat sal wees!