17 Maart 2022

Dagstuk
Galasiërs 3

Paulus se frustrasie met die gemeente is so duidelik: “wie het julle getoor…?”

Die hoofstuk oor verlossing deur geloof vs. redding deur werke (om die wet te onderhou), word in een vers opgesom:
“Dit is dus duidelik dat niemand deur God vrygespreek word op grond van wetsonderhouding nie. Daar staan geskryf: “Wie deur gelóóf vrygespreek word, sal lewe.””
‭‭GALASIËRS‬ ‭3:11‬ ‭NLV‬‬

Die wet was nodig om ons te wys hoe sonde lyk, maar die genade van Jesus en ons geloof daarin maak ons vry van sonde!

Here, dankie dat ons op grond van ons geloof ook kinders van Abraham kan wees en in sy beloftes deel (Gen. 12:1-3)
Ons is nie soos die Jode dalk bloedverwante nie, maar in Christus wel kinders van die geloofsheld Abraham!
U is ons Vryheid!