15 Maart 2022

Dagstuk
Psalm 91

Hierdie wonderlike Psalm laat die leser dadelik dink aan die Allerheiligste en die engele op die verbondsark wat se vlerke die skadu gooi op die genadetroon, vanwaar die heerlikheid van die Here soos ‘n wolk en vuurkolom geskyn het!  
Maar dis ook baie nader: as ons ons toevlug by die Here soek is Sy “vlerke” oor ons.
Vlerke is die hoeke van ‘n pa se gebed-serp (Talit) wat oor ‘n kind skadu as die kind saam met sy pa bid; onder sy beskerming wegkruip in gebed!
Vader God beskerm ons soos ‘n Joodse pa wat sy kind saam met hom laat bid!
Ons moet Hom net soek, Sy toevlug soek, en Hom liefhê!

Here, dankie dat U ons beskerm omdat ons U liefhet!
Hierdie Psalm het Satan teen U probeer gebruik, maar Jesus, U het geweet dat ons nie die Vader hoef te dwing vir Sy beskerming nie: dis ‘n voorreg, nie ‘n reg nie!
U is ons Toevlug!