14 Maart 2022

Dagstuk
Galasiërs 2

Paulus maak dit baie duidelik dat ons op grond van die Here Jesus se genade nou deur geloof lewe en nie meer die wet hoef te onderhou om te leef nie!
Hy raak ongeduldig met Petrus en Barnabas wat nog die Joodse wet hou en die nie-Jode deurmekaar maak met hulle wetsonderhouding!

“Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf.”
‭‭GALASIËRS‬ ‭2:20‬ ‭NLV‬‬
 
Hierdie is my bekerings-vers en Paulus se geloofsverklaring wat nie-Jode ook aanmoedig dat hulle nie die wet en godsdiens nodig het om gered te word nie, maar geloof, ‘n verhouding met die Ewige God: Jesus Christus!

Here, dankie dat U ons red sonder reëls en regulasies wat ons eers moet nakom!
Nee, U red ons deur U genade!
U is ons Vryspraak!