12 Maart 2022

Dagstuk
Psalm 90

Die Here is n Ewige God wat alles weet en ons lewens in Sy hande hou.
Daarby is ons soos ‘n asem wat vinnig verdwyn: 70, as ons gelukkig is 80 jaar…

“Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid kan bekom.”
‭‭PSALM 90:12‬ ‭NLV‬‬

Here, mag ons U verheerlik in ons kort deel van die hele geskiedenis, en mag ons wys daarin leef.
Here, ons lewens is deel van ‘n groter prentjie wat U skilder en U verheerlik!
U is die Ewige!