9 Maart 2022

Dagstuk
Psalm 89

“Ek wil altyd sing van die goedheid van die Here.”

Etan se Psalm is ‘n lofgedig aan die Here oor Sy getroue liefde!
Hierin bevestig hy die Here se troue liefde aan Dawid en Sy nageslag, en iets van die Messias wat vanuit Dawid se geslag sou kom, skyn ook deur!

“Deur U goedheid is ons sterk…” v. 18
Here, dankie dat U goed is vir ons!!!
U is die Rots van my Redding!!!