8 Maart 2022

Dagstuk
2 Kor. 13

“Ondersoek julleself of julle in ’n egte geloofsverhouding met Christus staan. Toets julleself. As julle nie daarvan oortuig is dat Christus in julle woon nie, het julle die toets nie geslaag nie.”
‭‭2 KORINTIËRS‬ ‭13:5‬ ‭

Net soos vir die gemeente in Korinte, is ons geloofsekerheid baie belangrik!
Kom ek en jy maak seker dat ons weet dat ons weet, dat Christus in ons leef en ons in ‘n verhouding met Hom staan: ‘n Geloofsverhouding!

Here, ek besef vanuit dié gedeelte dat U vir Paulus, en elkeen wat werk met U kerk,  gesag gegee het om op te bou, en nie om af te breek nie! (v. 10)
Ons werk is om te seën en nie te vervloek of sleg te sê nie!
Here, help ons asb om vir almal om ons ‘n seën te wees en hulle op te bou, al moet ons ferm wees soos Paulus met hierdie gemeente!
U is ons God van Liefde en Vrede wat by ons bly!