7 Maart 2022

Dagstuk
Jesaja 39

Moenie “brag” nie!
As jy spog draai dit dalk teen jou.
So het Hiskia geleer, toe hy gespog het met al die goud en goed wat hy besit het.
Hy wou die Babeloniërs beindruk, maar al wat hy gedoen het is om hulle ñ rede te gee om jare later te kom vir Jerusalem en dit te plunder, want toe het hulle geweet watter skatte in die stad was.

Die hartseerste vers is die laaste een waar Hiskia nie berou het nie, maar dink ten minste gaan dit nie in my tyd gebeur nie!

Here, help ons om nie selfsugtig te wees in ons sonde, en te dink as iemand anders die las van oordeel gaan dra hoef ek nie berou te hê nie!
Nee Here ons wil in nederige berou vir elke trots, hoogmoed en spog kom jammer sê!
Alles wat ons is en het behoort aan U!
U is die Eienaar van alles van ons!