6 Maart 2022

Dagstuk
Psalm 88

Hierdie Psalm van Heman is ñ gebed van iemand wat depressief is.
Sy angs word beskryf en sy stoei met die Here om vrede word uitgebeeld.
“Maar ek roep na U om hulp, Here. Elke oggend is my gebed voor U.”
‭‭PSALM ‭88:14‬ ‭NLV‬‬
 
As jy met angs en depressie sukkel, is ñ uitroep na God elke oggend nodig vir jou!
Kom ons maak dit deel van ons almal se roetine!

Here, dankie dat U ons, ons koppe laat oplig elke dag!
Ons leef tot U eer!
U is ons Vrede!