5 Maart 2022

Dagstuk
2 Kor. 12

“…want wanneer ek swak is, juis dan is ek sterk!”
Paulus na die vorige hoofstuk waarin hy sy lyding vir die evangelie beskryf, vertel nou hoe hy in die hemel opgeruk is en wonderlike openbarings ontvang het van die Here af, maar steeds met ‘n “doring in sy vlees” sit wat hom nederig hou!

Die dilemma in Korinte was dat hulle Paulus en sy prediking vergelyk het met die van die “super-apostels”; daarom vertel hy die gemeente van sy liefde aan hulle en herhinner hulle aan die wonders en tekens wat hy by hulle gedoen het!

Here, mag ons nederig bly vashou aan die openbaring van Jesus wat U ons gegee het!
Mag ons sterk wees in ons swakheid en vir U bly getuig.
U is ons Openbaring!