4 Maart 2022

Dagstuk
Jesaja 38

Hiskia, die koning, is siek en Jesaja gaan sê vir hom hy gaan sterf.
Hiskia kom egter in nederige berou voor die Here en pleit om genade, en die Here hoor hom.
Jesaja word deur die Here teruggestuur om aan Hiskia te profeteer dat hy gaan herstel, en nog 15 jaar gaan leef.
Dit gebeur so, en Hiskia prys die Here vir sy genesing!

Here, ons wil saam met Hiskia U kom loof vir U genade en genesing! Dankie dat U ons red van sonde en al die gevolge daarvan!
U is Genade!