3 Maart 2022

Dagstuk
Psalm 87

Hierdie Psalm wat na die terugkeer van Ballingskap geskryf is, wys ook na ‘n tyd wat vir ons ook nog in die toekoms lê: die duisend jaar vrederyk.
In dié tyd gaan die omliggende volke ook die Here dien en Jerusalem sal ‘n prominente rol in die wêreld-politiek speel.
Sion, die berg waarop Jerusalem staan, is en bly ook in die toekoms ‘n geseënde plek.

Here, dankie dat al die nasies nog voor U gaan buig!
U is die God wat op Sionsberg aanbid was, is en sal wees!