2 Maart 2022

Dagstuk
2 Kor. 11

Paulus waarsku teen valse predikers wat aanspraak maak op baie roemryke opleidings en geslagslyne.
Maar hy beroem hom eerder in al die swaarkry wat hy ter wille van die kerk ervaar het.
Dis net verstommend om die pyn en lyding te hoor wat Paulus in sy lewe beleef het.
Dit maak sy  boodskap net soveel meer kredietwaardig!

Here, weerhou asb arrogante en valse leiers en predikers uit ons lewens, en gee ons leiers wat ons met hulle hele lewe dien soos Paulus die vroeƫ kerk (en ons nou) met prediking en toewyding bedien.
U is ons Boodskap!