1 Maart 2022

Dagstuk
Jesaja 37

Die arrogansie van Sanherib, en Hiskia se nederigheid, het hul onderskeie vrugte opgelewer.
Hiskia gaan lê Sanherib se arrogante en godslasterlike brief in die tempel voor die Here.
Die Here red Jerusalem bonatuurlik van die bose Assiriërs wat hulle beleër het.

Here, mag ons die desperaatheid en nederigheid van Hiskia, wat U vertrou het vir uitkoms, ook hê.
U is die Heilige van Israel, die God van die nasies!