28 Februarie 2022

Dagstuk
Psalm 86

Die Here se liefde en Sy trou met ons is uniek!
Daarom wil ons Hom, ons unieke God, met ons hele hart dien!
“Leer my u weë, Here, sodat ek in u waarheid kan wandel. Gee my ’n onverdeelde trou om so u Naam te dien.”
‭‭PSALM 86:11‬ ‭NLV‬‬
 
Here, hierdie lied, hierdie Psalm het ons van kleintyd af gesing:
“Leer my Heer U regte weë, wys die regte pad my aan, maak my hart daartoe geneë om met lus daarop te gaan…”
Here, dit bly die begeerte van ons harte: om U, ons unieke Here, al hoe beter te leer ken!
U is die Enigste God!