27 Februarie 2022

Dagstuk
2 Kor. 10
Paulus het baie teenstand gekry van die gemeente in Korinte.
Mense vir wie hy lief was en wie hy bedien het.
Maar tog besef hy die Here het hom na hulle gestuur en Hy gee hom, en ons, die reg om te kan bedien in liefde.
Tog het Paulus, en behoort ons, nie daarop aanspraak maak nie, dat dit ons is wat iets goeds doen:
“Die Skrif sê mos: “As jy jou wil beroem, moet jy jou op die Here beroem.””
2 KORINTIËRS 10:17 NLV
Here dankie vir die voorreg om U woord te mag deel met mense!
U is die Een wat Stuur!