26 Februarie 2022

Dagstuk
Jesaja 36
Sanherib, die koning van Assirië, was ʼn massiewe bedreiging vir Hiskia en Jerusalem!
Hy het met sy groot en wrede weermag nog nooit ʼn veldslag verloor nie en het ook nog nooit onsuksesvol ʼn stad beleer nie.
Samaria die buurland Israel se hoofstad het aan die Assiriërs geval.
Hierdie tipiese sielkundige oorlogvoering was waarmee taktiek: maak almal so bang dat die stad se mense teen hulle leiers draai.
Dit het in baie stede gewerk wat hulle verower het.
Maar hulle feite oor Hiskia en sy verhouding met die Here het hulle misgis: hulle het gedink die Here is kwaad vir hom omdat hy die beelde van die afgode op die berge vernietig het, maar inteendeel die Here wat alleen aanbid word in Sy Tempel het Sy belofte van beskerming aan Hiskia gegee!!
Here help ons asb as mense en omstandighede ons kom dreig soos Sanherib se amptenaar vir Hiskia gedreig het!
Wees U asb ons Hoop en ons Rots van beskerming!
Mense en amptenare dink hulle koning is groot, maar:  U is ons Groot Koning!