23 Februarie 2022

Dagstuk
Jesaja 35

Jesus kwoteer v. 5-6 van die hoofstuk in Matteus 11 as Hy vir Johannes die doper se dissipels verduidelik dat Hy die Messias is: die Koning en die Profeet!
Anders as wat die skrifgeleerdes van Jesus se tyd geglo het, was daar nie 2 Messiasse nie, maar Een met twee funksies; wat op verskillende tye kom om eerste te ly en met Sy 2de koms te kom regeer!

Here, dankie dat ons wat dor en droƫ woestyne was, geestelik, nou kan blom agv U verlossing en liefde!
Ons wil blom vir U en U bly besing!
U is die Heilige Weg!