22 Februarie 2022

Dagstuk
Psalm 84

“Beter is ñ dag in U Tempel as ñ duisend elders!!”
Die teenwoordigheid van die Here bly die beste plek om te wees!
Dis daar waar Hy ons beskerm en aan ons voorsien!
Hy sorg vir ons as ons by Hom is!!
Die Ou Testamentiese Psalmdigter het die genot van die Here se teenwoordigheid net beleef as hulle Tempel toe gegaan het, en vir meeste Israeliete was dit 3 keer ñ jaar met hul pelgrimstogte na Jerusalem, maar ek en jy het die VOORREG om nou Sy Tempels op aarde te wees!
Ons dra nou Sy teenwoordigheid!
Ons hoef nêrens heen te gaan om Hom te beleef nie! Nee die Heilige Gees leef nou in ons!!!

Here, dankie dat soos die mossie en swaeltjies van ouds in U heerlikheid kon bly, ons nou die absolute voorreg het om U in ons te laat woon!!
ñ Son en Skild is die Here God!!