21 Februarie 2022

Dagstuk
2 Kor. 8

Die gelowiges in Judea het uitermatig swaar gekry, in die tyd wat Paulus skryf aan die Korinte en Fillipense (4).
Daarom moedig hy beide hierdie gemeentes aan, om finansieel by te dra tot die versorging van die kerk in en om Jerusalem.
Hy leer ons om uit ons liefde te gee!
Om nie te gee wat ons nie het nie!
En om totaal en al verantwoordbaar te wees, in ons gee en in die hantering van ander se geld: Paulus stuur 3 broers om die geld op te pas as dit ontvang word en as dit Jerusalem toe gaan.

Here, help ons om soos die vroeƫ kerk ook ander help wat behoefte het!
Maak ons harte oop om te gee!
Dankie dat U, U lewe kom gee het!
U is ons Hulp, ons Bron!