17 Februarie 2022

Dagstuk
Jesaja 33

Dis so wonderlik dat die Here hoop laat profeteer, nog voordat die vernietiging van Jerusalem plaasvind!
Voor Israel se oordeel, kondig Hy ook die oordeel van hulle plunderaars, Babilonië aan.
Die hoop van Jerusalem as die plek van feeste is nog vir ons ook in die toekoms,  in die duisend jaar vrederyk.

Here, dankie dat elkeen van ons wat in U is weer opgetel sal word, al gaan dit met ons sleg in die lewe op ñ mindere of ñ meerdere mate.
U is getrou om ons te red!
Die Here is ons Koning!