15 Februarie 2022

Dagstuk
2 Kor. 6

“Ek sal vir julle ’n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, sê die Here die Almagtige.””
‭‭2 KORINTIËRS‬ ‭6:18‬ ‭NLV‬‬

As ons luister na die wat ons leer en in liefde ander leer en ons hele lewe voor en vir hulle leef, breek die Here vir hulle Sy woord oop, en bou Hy ñ verhouding met hulle!
Dit vat egter van ons baie, om soos Christus te leef en Sy heerlikheid konstant uit te straal!
Maar dit is waarvoor ons geroep is!

Here, dankie vir die wat ons vooraf gegaan het, soos Paulus!
Hulle het ons met hulle woorde en lewens geleer, wat dit is om U te volg!
Mag U die na wie ons uitreik se harte ontvanklik maak vir die Goeie nuus, wat ons met hulle wil deel!
U bly ons Liefdevolle Vader!