14 Februarie 2022

Dagstuk
Jesaja 32

As die Messias kom gaan daar ‘n ander manier van leef wees, sê Jesaja, maar daar gaan eers groot hartseer in Jerusalem kom: die ballingskap!
Daarna, profeteer Jesaja, gaan die Gees van die Here uitgestort word. (Vervul in Hand. 2)
Vrede en seën is die gevolg van die Heilige Gees se teenwoordigheid!

Here, dis vir ons so wonderlik om in die tyd van die Heilige Gees se teenwoordigheid in ons, te kan leef.  
Ander era mense het hierna gesmag en nou beleef ons die voorreg om U Gees IN ons te laat woon en ons te lei!!
U is die Lewe gewende Gees!