13 Februarie 2022

Dagstuk
Psalm 81

Die uitbring van Israel uit Egipte se slawerny is vir my en jou ‘n skadubeeld van ons verlossing vanuit sonde se slawerny tot ‘n lewe van oorwinning en volheid saam met die Here in Sy beloftes.
Maar net soos die Israeliete afvallig geraak het deur afgodery terwyl hulle in die Here se seën geleef het, so moet ons versigtig wees om nie afgewater te raak in ons geloof, en ons eie beeld van wie die Here is, te volg nie.
As ons die Here in ons prentjie in forseer is dit niks anders as afgodery nie.

Here, U is groter as ons begrip van U!
U is magtiger as enige beeld van U wat ons in ons koppe oor U het!
U is die Enigste God!