12 Februarie 2022

Dagstuk
2 Kor. 5

Ons word geroep tot versoening!
Om met die Here versoen te word, word ons vrygespreek van ons sondeskuld!
Dan word ons tydelike aardse “tent-wonings” op die einde met ‘n ewige “huis” (verheerlikte ligaam) vervang!
Versoening is ook ons bediening. Ons bedien ander deur met hulle te versoen en hulle te help om met God te versoen!
 
Dis hoekom ons in geloof moet lewe:
“want ons leef deur te glo en nie deur te sien nie.”
‭‭2 KORINTIËRS‬ ‭5:7‬ ‭NLV‬‬
Ons sê: “Sien is glo.”
Maar eintlik sien ons eers as ons begin glo!
So: Glo is sien!

Here, dankie dat U met ons wil versoen ten spyte van sonde wat ons van U skei!
Help ons om ander te versoen met U!!
Ons wil U liefdes-ambassadeurs wees!
U is Christus: ons Versoening!