9 Februarie 2022

Dagstuk
2 Kor. 4

Hier stel Paulus die sigbare, tydelike, sondige natuur wat aan die sterf is, teenoor die onsigbare, ewige, gees-mens van ons wat in heerlikheid toeneem omdat ons meer soos Jesus begin lyk en Hom verheerlik in ons lewens; wat saam met Hom ewigdurend gaan wees.
Hy verduidelik dat ons die Here se lig dra om ander wat verduister is te verlig, en so hulle te help om aan Sy heerlikheid deel te hê! Die liggaam waarin ons dit nou dra is ‘n tydelike kleipot, maar die boodskap is ‘n wonderlike ewige hoop: Jesus!

Here, dankie vir die voorreg om U Goeie Nuus te help uitdra aan almal wat deur die wêreld verduister is!
U is die Lig!