8 Februarie 2022

Dagstuk
Jesaja 30
 
Jesaja profeteer oor die tyd wat Juda en die stad Jerusalem in ballingskap weggevoer sal word, maar ñ paar mense sal in Jerusalem agterbly. Hulle het egter teen Nebukadnesar gerebelleer, en Egipte se hulp gesoek.
Die profeet Jeremia is in dié tyd teen sy wil na Egipte gevat, maar die Babiloniërs het weer die stad Jerusalem kom aanval (12 jaar na die eerste inval).
Maar…
“Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe. Hy wil genade aan julle bewys. Die Here is ’n God wat regverdig is. Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp.”
‭‭JESAJA‬ ‭30:18‬ ‭NLV‬‬

Hy het die Judeërs laat terugkeer na die ballingskap (70 jaar daarna!) en weer ñ volk gevestig!

Here, dankie vir U genade!
Dankie dat U volke laat opstaan en val sodat als in U groter prentjie kan inpas!
U is die Heilige van Israel!