7 Februarie 2022

Dagstuk
Psalm 79

Die gevolge van Nebukadnesar se plunder en weggevoer van Jerusalem na Babelonië word beskryf deur een van die wat in ballingskap is.
Hulle besef die Here se genade is in die feit dat daar nog ñ paar van hulle is wat lewe.
“Dan sal ons, u volk, die skape van u weiding, U vir altyd dank, en U prys van geslag tot geslag.”
‭‭PSALM ‭79:13‬ ‭

Here, dankie dat ons aan U behoort!
Ons kies om U te prys, soos die Psalmdigter, ons en ons kinders na ons!
U is ons Herder!