6 Februarie 2022

Dagstuk
2 Kor. 3
Ons weerspieël die heerlikheid van die Here en lyk al hoe meer soos Jesus!!
Dit is omdat ons onder genade staan en nie meer onder die wet nie!
 Nou word ons deur die Gees gelei!
“Die “Here” dui hier op “die Gees” en waar die Gees van die Here is, heers daar vryheid.”
2 KORINTIËRS 3:17
Here dankie dat U ons vry maak van die wet en dat ons in gehoorsaamheid teenoor U, in verhouding met U, verander word: meer en meer soos U!
Here dis die goeie nuus wat ons almal moet versprei en verkondig ook deur ons lewenswyse en dit is ons getuienis: mense se lewens wat verander het!
U is die Gees wat vryheid bring!