5 Februarie 2022

Dagstuk

Jesaja 29
Met Jerusalem se verskeie vernietigings oor die eeue het die Here steeds altyd nog n handjie vol mense oorgehou, gespaar, wat Hom kon bly volg.
Die genade van die stad se val is dat goddeloses met hulle bose planne vernietig was. So beskerm die Here weer Sy volk vir die toekoms, deur die slegte elemente te verwyder!
Here in U genade oor ons in ons land wil ons kom bid dat ons as kerk sal bydra tot die opbou van ons “Jerusalem” en nie boos sal wees en sodoende uit die weg geruim word nie.
Here ons kom bid vir die vrede van Jerusalem soos U ons gesê het om te doen!

U is die Pottebakker en ons die klei.