4 Februarie 2022

Dagstuk
Psalm 78
Hierdie Psalm van Asaf gee ʼn oorsig oor Israel van die Eksodus tot na die ballingskap!
Dit verduidelik die patroon van wonderwerke, geloof, afvallig raak en straf.
Oor en oor is Juda en Efraim (die bynaam vir Israel) hierdeur!
Ons behoort ons kinders ook te vertel van die Here se wonders wat Hy vir ons gedoen het en vir die geslagte voor ons!
Dan sal hulle hopelik ʼn keuse vir God maak en nie teen Hom nie!
Here, dis ʼn voorreg om ons kinders en kleinkinders van U te leer!
Ons wil by hulle bly getuig van U goedheid!!
U is die God van Wonders!!