3 Februarie 2022

Dagstuk
2 Kor. 2

“Ons is die welriekende geur wat deur Christus vir God opstyg, onder dié wat verlos word sowel as onder dié wat verlore gaan.”
‭‭2 KORINTIËRS‬ ‭2:15‬ ‭NLV‬‬

Vir ander gelowiges is jy ‘n aangename geur wat hulle herhinner aan lewe in Christus, maar vir die ongereddes om jou stink jy omdat jou “geur” hulle bewus maak van hulle eie sonde en ook die oordeel van dood wat vir hulle wag.
Dit is vir hulle aaklig om te weet hulle skiet tekort.
Maar ek en jy staan verantwoordbaar teenoor die Here om die evangelie te bly verkondig, met ons lewens en met ons woorde.
Sy genade in ons is die geur wat wonderlik deur ons uitgestraal word!

Here, mag mense aangespoor word om U meer lief te hê as hulle na ons lewens kyk en die geur van ons verhouding met U ruik.
Hierdie onderskeiding van gelowiges en ongelowiges wat met reuk vergelyk word is ‘n geestelike sensitiwiteit wat ons elkeen het!!
U is die Triomferende Koning wat ons lei in U triomftog!!