2 Februarie 2022

Dagstuk
Jesaja 28

Die genadelose Assiriërs was oppad na Samaria en daarna Jerusalem.
Samaria (Israel) was totaal en al deur hulle verwoes, maar die Here het Juda en Jerusalem bonatuurlik gespaar.
Jesaja waarsku beide stede weer!

Ek en jy moet reg leef voor die Here, en Hom nie spot deur te dink ons kan maak wat ons wil nie: Hy is Heilig!

“Boere weet wat om te doen, God het hulle geleer hoe om dit te doen.”
‭‭JESAJA‬ ‭28:26‬ ‭NLV‬‬

Hierdie is so mooi: die Here leer ons hoe om ons werk te doen!

Here, dankie dat U ons bonatuurlik lei, ook in ons werk en ons nederigheid van hart voor U!
In U is daar unieke uitkoms!
U is ons goeie Onderwyser!