31 Januarie 2022

Dagstuk
2 Kor. 1

Vader God is ons Bemoediger in tye van swaarkry.
Soos wat Hy Paulus en Timoteus versterk het in hulle moeilike tye, so staan Hy vir jou en my by.
Daarom moet ons ook ander wat swaarkry versterk!
Ons dien die Here en wil doen soos Hy doen!
Christus, ons fondasie van die Waarheid, sal ons help om die regte dinge te sê en te doen aan die om ons wat bemoediging nodig het!

Here, dankie dat U ons koppe oplig, en ons kan fokus op U en U kan uitstraal!!
U is ons Bemoediger!
Die Vader van Barmartigheid!