30 Januarie 2022

Dagstuk
Jesaja 27

Genade is deel van die Here se oordeel, want Jesaja profeteer vooruit (meer as ‘n 100 jaar) dat Israel weggevoer gaan word, maar daar gaan steeds ‘n gedeelte oorbly, wat gaan terugkeer na Jerusalem!
Die genade kan ons ook sien in die feit dat Israel se vyande totaal vernietig sou word en al die afgode ook verbrand sou word deur die Babiloniërs!
Die skoonmaakproses het net só gebeur soos die profeet dit hier beskryf.

Here, dankie dat U slegte goed wat in ons lewens gebeur, omdraai vir ons beswil!
U oorwin ons vyande en deel met ons sonde as daar ‘n skoonmaaktyd kom!
U is ons Skepper!