28 Januarie 2022

Dagstuk
1 Kor. 16

Paulus groet die gemeente van Korinte aan wie hy skryf.
Hy moedig hulle aan om weekliks vir Jerusalem se behoeftes te gee.
Om te gee aan ander Christene in nood, is deel van wat ons glo!

Dan groet en beveel hy sekere mense soos Timoteus aan, en stuur weer groete uit Efese, van daardie gemeente en veral van Priscilla en Akwila!

Laaste skryf hy ‘n gedeelte met sy eie hande.

Maranatha!
Kom Jesus!
Ons sien uit na U wederkoms!
U is die Vriend by ons, waarna ons ook uitsien!