27 Januarie 2022

Dagstuk
Jesaja 26

““Tog het ons dié versekering: Dié wat aan God behoort, sal lewe. Hulle liggame sal weer opstaan! Dié wat in die aarde slaap, staan op en sing van vreugde! Soos die dou lewe gee, so gee U krag tot lewe. Die aarde sal hulle wat gesterf het weer lewend teruggee.””
‭‭JESAJA‬ ‭26:19‬ ‭NLV‬‬

Wat ‘n wonderlike Ou Testamentiese skrif van hoop en ewige lewe wat beaam wat 1Kor. 15 sê!
Ons het dit eergister saam gelees en nou profeteer Jesaja wat Paulus vir ons verduidelik het:
Regverdiges (wedergeborenes) sal ewig leef in verheerlikte liggame!
En arrogante mense wat aan sonde vasklou en nie in verhouding met Jesus staan nie, sal in die ewige hel opeindig.

Here, dankie vir U genade en U belofte van die opstanding uit die dood vir ons almal wat in Christus Jesus is!
Regverdige Een, maak asb. ons pad gelyk!