25 Januarie 2022

Dagstuk
1 Kor. 15

God het Christus uit die dood laat opstaan!!
Dis die wonderlike nuus wat ons glo en boodskap wat ons verkondig!
Die dood is oorwin!!

Elkeen van ons weet dus dat ons tydelike vlees-en-bloed-liggame een of ander tyd gaan opstaan uit die dood, in die vorm van Jesus se onsterflike, geestelike liggaam!

Die dood is nie finaal nie!
Dis nie waar alles eindig nie!
Die Here se opstanding skep vir ons die geleentheid om ook op te staan na ons fisiese dood!

Here, dankie dat ons die hoop het van opstanding en saam met U vir ewig lewe!
Dankie ook dat ons weet dat ons geliefdes wat gesterf het, en in Christus was, nou by U is met onverganklike liggame!
Hulle, soos ons eendag, lyk nou soos U!
U is die Opstanding!