24 Januarie 2022

Dagstuk
Jesaja 25

Die Here is Een wat lank vooruit beplan en dit dan uitvoer.
Kom ons beplan goeie dinge soos wat Hy vir ons dit beplan.

Die Here se plan is die nuutmaak van alle dinge (Openb. 21:5); dit begin by die oorwinning oor die dood!

Here, ons sien uit na die tyd wat Jesaja hier beskryf!
‘n Tyd sonder trane en dood! Mag ons leef in afwagting daarvan deur saam met U goed te doen aan die wat behoeftig is!
U is die Beplanner!