23 Januarie 2022

Dagstuk
Psalm 74

Die Here help ons teen ons Vyand!
As die Psalmdigter verduidelik hoe die Here ‘n hulp is teen natuurrampe, wilde diere, en mense wat teen Israel en teen God is, dan besef ons agter elke aanslag is die vyand: Satan.
Johannes 10:10 sê hy kom om te moor, te roof en te plunder in ons lewens, maar ons Herder sal ons bewaak teen die vyand!

Here, ons besef Satan is aan die werk in die wêreld om ons, maar U gee ons die outoriteit oor hom en sy slinkse planne!
U red ons!
U is ons Goeie Herder!