22 Januarie 2022

Dagstuk
1 Kor 14

Orde in die kerk byeenkoms is baie belangrik.
Hierdie Korinte gemeente (waarvan baie uit heidense gelowe gekom het), het hul samekomste in chaos laat opeindig.

Daarom Paulus se vermaning vir orde en goeie styl.

So, hier leer ons dat in die kerkdiens, mense profetiese woord kan bring as dit die tyd daarvoor is. Elkeen kan sy gees beheer, niemand hoef onbeheersd op te spring en te begin profeteer nie.

Paulus moedig ons saam met die Korinte ook aan, om ons gebedstaal wat die Heilige Gees ons gee alleen in ons binnekamers te beoefen, en dit nie soos ñ verwaande “show” voor mense te doen nie.
 Ek bid ook in tale, maar nie voor in die kerk nie, nee eerder in my binnekamer (meestal in my kar).
In tale bid is ñ wonderlike deel van ons gebedslewe.
Soek dit as jy dit nie het nie, en as jy dit het bid daagliks ook so.

Here, dankie vir orde in die kerk, ons besef dis liefde in aksie.
Here, help ons openbaring deel vanuit U woord (preek), profeteer tot opbou van die gemeente en stil tot onsself bid ook in tale!
Als in goeie styl!
U is ons God van Orde!