21 Januarie 2022

Dagstuk
Jesaja 24

Hierdie is ñ rare profesie vir die eindtye, en stem ooreen met wat Jesus in Matt. 24 sê, Paulus in plekke soos Thessalonisense en Johannes in die boek Openbaring neerpen.
Sonde gaan ñ fisiese oordeel oor die aarde bring aan die einde van die tyd, ons noem dit die verdrukking.
Wat met Juda en Jerusalem gebeur het aan die hand van die Babiloniërs, was net ñ tipe wat met die hele aarde in die toekoms gaan gebeur.
Die Here SAL die wat aan Hom behoort, red van die oordeel: dis Jesaja se boodskap!

Here, dankie dat U ons baie duidelik vooraf waarsku oor wat gaan kom.
Help ons asb, om daaraan ag te gee en U te volg!
Here, ons bid ook vir mense om ons, naby en vêr, om te breek met sonde.
U is die Begin en die Einde!