20 Januarie 2022

Dagstuk
Psalm 73

Mens kan maklik soos die Psalmdigter verbitterd raak met die Here as jy die onregverdigheid van die lewe beleef!
Maar die sondeval het als in wanbalans gebring en daarom kan ons nie die Here blameer vir ons swaarkry nie: dis direk of indirek ons eie skuld.
Ons werk is om die Here te prys te midde van moeilike omstandighede!
Laat toe dat Hy jou vertroos vandag!

Here, kom verwyder ons teleurgesteldheid en ons bitterheid, en mag ons met lof en aanbidding vir U, deur U vertroos word vandag?
U is die Oppermagtige Here!