19 Januarie 2022

Dagstuk
1 Kor.  13

LIEFDE!
Die grootste van die bonatuurlike geestelike gawes wat Paulus in Hoofstuk 12 begin beskryf.
Liefde is ‘n natuurlike vrug van ‘n gelowige se lewe soos Galasiërs 5:22 beskryf, maar ons kan ook die Heilige Gees vra om ons ‘n ekstra gawe van liefde te gee.
In die lig van die liefde moet ons ander dien met ons ander geestelike gawes; dit is waaroor hierdie pragtige gedeelte gaan.

Here, dankie vir U Heilige Gees!
Mag ons U vra om U bonatuurlike liefde in ons harte te gee vir mense om ons?
Dankie dat Liefde nie net ‘n vrug, ‘n uitvloeisel is daarvan dat ons U dien nie, maar dat dit ook ‘n gawe is wat ons van U af kan vra.
Herinner ons asb om elke dag daarvoor te vra!!
God is Liefde!