18 Januarie 2022

Dagstuk
Jesaja 23

Tirus is ñ hawestad so 20 km noord van Israel se noordelike grens teen die Midetireense see. Sidon is ñ paar km noord daarvan.
Die twee susterstede, was die grootste en besigste hawestede van die omgewing.
Soos enige stad met ñ groot hawe, het dit baie verskillende mense gehuisves en was dit twee ryk stede.
Maar hulle was godeloos en soos hawestede is, was dit ook waar nuwe idees en nuwe sondes voortdurend ingekom het.
Daarom is hulle gestraf, net soos Jerusalem, vir 70 jaar.

Here, help ons om nie arrogant en verwaand te wees nie?
Daar is beskerming in nederigheid!
U is Koning van die nasies.