16 Januarie 2022

Dagstuk
1 Kor. 12

“Elkeen van ons ontvang ’n manifestasie van die Gees om die gemeente te bevoordeel.”
‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭12:7‬ ‭

Die Heilige Gees seën ons as gelowiges op verskillende maniere met verskillende gawes, sodat ons ander kan bedien met ons unieke gawes!

Paulus beskryf die diversiteit van ons gawes soos ‘n liggaam se verskillende ledemate wat verskillende funksies het en tog saamwerk tot een doel.
 
Ons moet ander BEDIEN met ons gawes!!

Daarom het ons 10 gawes ontvang, wat Paulus so mooi beskryf (9 en in 1 Kor. 13 beskryf hy die belangrikste een: no. 10; Liefde).

Here, dankie vir U Heilige Gees!!
Dankie dat U deur ons werk om ander te bemoedig en op te rig!
U Gees gebruik ons!!
Ons is U instrumente om die kerk te laat groei in geestelike volwassenheid!
Here, gebruik ons nog meer!
U is die Heilige Gees!