15 Januarie 2022

Dagstuk
Jesaja 22

Op die tyd wat Jesaja hierdie geprofeteer het, het dit so goed met Jerusalem gegaan, dat niemand gedink het die val en ballingskap van die stad is enigsins moontlik nie, maar dit het presies gebeur soos Jesaja lank voor die tyd beskryf het dit gaan gebeur.

Kom ons vertrou die Here voluit, sodat ñ lot van oordeel soos vir Jerusalem, nie op ons wag nie.

Here, ons vertroue is in U!
Sal U ons asb bly beskerm?
U is Genade!