14 Januarie 2022

Dagstuk
Psalm 71

Elke lewensfase van jou ontdek jy die Here se troue liefde en Sy nabyheid in jou lewe.
Al voor jy gebore is, het Hy jou beskerm, en in jou jong dae het Hy jou geleer, en as jy oud word is Hy by jou om jou te beskerm!

Here, dankie dat ons aanbidding van U nie van ons ouderdom afhang nie. U berkerm en red oud en jonk!
Daarom bly ons kies om U altyd te loof!!
U is my Sterkte en Toevlug!