13 Januarie 2022

Dagstuk
1 Kor 11

As dit by nagmaal en gebruike in eredienste kom, sê Paulus, moet ons mekaar respekteer en in ag neem!
Deel van kerk wees is dat jy doelbewus jou liefde aan medegelowiges wys deur hulle te konsidireer in alles wat jy doen.
Dalk beteken dit vir ons as kerk in Covid-tyd dat ons weer moet kerk toe kom op Sondae, en nog steeds Covid protokol handhaaf, al voel party van ons dat ons nie daarvan hou nie.
As gelowige, dink hoe jy ander in die kerk die beste kan liefhê in hierdie tyd, eerder as om net aan jouself te dink!

Here, ons besef Covid het kerk-kultuur beinvloed.
Mag ons asb weer terugkeer na normaal en getrou kerk bywoon om sodoende ander geliefdes om ons te dien en te eer.
Here, U is Liefde!