12 Januarie 2022

Dagstuk
Jesaja 21

Jesaja profeteer ongeveer ‘n honderd jaar voor die Babiloniërs vir Juda in ballingskap sou wegvoer.  
Hier profeteer hy die 70 jaar daarna wat Babilon ook sou val onder die Mede en die Perse.
Die Here hou nasies soos Edom en die Arabiere se lot ook in Sy hande.

Vandag begin ek en my vrou ‘n Bybelskool!
Ons vertrou dat jong pastore ook die lot van ons nasie na die Here sal draai!

Here, dankie dat Suid Afrika ‘n plek mag wees waar U gedien word. Help ons om nog kerke te plant met jong pastore wat lief is vir U!
U is die God van Nasies!